My ma sê altyd dat sy slegs sal kampeer as dinge georganiseerd is en benodigdhede binne maklike bereik is. Die Tent Manager sak van Tentco bied juis dit. Met nege verskillende grootte sakkies (sommige kan toegemaak word, terwyl die ander oop bly), kan hierdie handige organiseerder aan jou tentraam, veldwa of veldrykaravaan se deur opgehang word. Dit bied jou ‘n gerieflike en sentrale stoorplek vir al die alledaagse dinge soos jou flitslig, sleutels, kaart, laaikabels, sonskerm en insekweerder. Die moeilikheid is natuurlik om pa te kry om alles weer te bêre waar hy dit gekry! Die sak, gemaak van seildoek, is 38cm x 53cm groot en wanneer jy dit nie gebruik nie, vou dit plat sodat jy dit maklik kan wegpak.
Gebruik dit saam met die twee-of drie-ry-eetgerei-sak – wat…