Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
“’n Ou verhaal maak nie die oor oop soos ‘n nuwe verhaal nie.”– Beninese spreekwoord Hierdie uitgawe van Avontuur Afrika is propvol nuwe en opwindende stories en ons het, soos altyd, wyd en syd gereis om interessante inhoud te ontgin. Ja, ons kan weer reis en dit lyk asof die wêreld alweer 'n ander plek is. Verlede jaar hierdie tyd het die Corona-virus die hoofopskrifte oorheers en ons vir maande aaneen in ons huise vasgekluister. Alhoewel dit steeds vandag 'n ernstige virus is, blyk dit dat daar deesdae heelwat minder mediadekking hieroor is. Ek het opgehou om daaglikse nuusberigte oor die virus te sien en dit haal bittermin die voorblaaie. Het die wêreld aan beweeg? Nee, dit het nie en dit moet ook nog nie… Alhoewel die virus miskien nie…
WAT SÊ ONS AANLYN GEHOOR? Wat is jou gunsteling liedjie wanneer jy reis en hoekom? Vir Avontuur Afrika is jou opinie en mening baie belangrik. Ons wil graag hê dat jy as leser met ons gesels en ons platforms gebruik om jou mening oor die bedryf te deel. Word ons leser van die maand en staan ‘n kans om ‘n geskenkpak van Protea Coffee ter waarde van R500 te wen, perfek vir daardie koppie boeretroos in die veld. Stuur jou briewe, reisstories, foto’s of vrae aan info@4x4afrika.com (onderwerp: Gesels Saam) Webwerf: www.4x4afrika.com Instagram: @avontuuradventure_afrika Facebook: @4x4afrika Youtube: Adventure Afrika E-pos: info@4x4afrika.com *Die top drie stemme op ons platforms was “I’m Gonna Be (500 Miles)” deur The Proclaimers, “Mustang Sally” deur Wilson Picket en Kurt Darren se “Kaptein”. Ons span was…
Daar is min dinge in die lewe wat kan meeding met ‘n vars koppie boeretroos terwyl jy uittuur oor ons kontinent se pragtige landskappe en natuurskoon. Met Protea Coffee is die aroma en smaak van die koffiewinkel nou haalbaar, selfs in die boendoes. Hierdie innoverende fynproewerskoffie word deur Kaapstadse koffieroosters gebrou en is beskikbaar in espresso-, premium- en ontbytmengsels. Daar is ook nou ‘n kafeïen-vrye opsie beskikbaar. Kontak: www.proteacoffee.co.za | info@proteacoffee.co.za…
Ons het vir Richard Ransome van Big Country 4x4 gevra om hieroor uit te brei – hier is wat hy te sê het: Aangesien ons dakrakke ‘n bietjie duurder is as meeste van die ander op die mark, is ons (veral vanuit daardie oogpunt) waarskynlik goed gekwalifiseerd om hierdie vraag te beantwoord. Dit gesê, sou dit vir ons baie maklik wees om die ontwerp en konstruksie van ons dakrakke te besnoei en teen ‘n goedkoper prys te verkoop, maar ons fokus eerder op die vier basiese beginsels van ‘n goeie dakrak: Hou dit sterk: Deesdae is daar ‘n neiging in die industrie om dakrakke te vervaardig wat aanmekaar vasgebout eerder as gesweis word. Alhoewel dit uiters voordelig is vanuit ‘n besending-, prysen verpakkingsoogpunt, voel ons ‘n geboute dakrak GEEN werklike…
In reaksie op voortdurende klante- en marktendense het Ford Suid-Afrika onlangs ‘n reeks bykomstighede en funksie-opgraderings, wat regoor hulle netwerk van meer as 100 handelaars landwyd beskikbaar sal wees, aangekondig. Hierdie bykomstighede is ontwikkel en getoets om Ford se oorspronklike toerustingkwaliteit en vervaardigingswaarborg te dra. Sommige van die hoogtepunte in die reeks sluit ‘n Ranger Raptor-styl sierrooster vir die XL-, XLS- en XLT-variante en ‘n elektriese bakrolluik vir die Ranger Wildtrak in.…
Kort op die hakke van die opgedateerde Forester, het Subaru aangekondig dat ons ook binnekort die aankoms van die splinternuwe Subaru Outback sportnutsvoertuig (SNV) kan verwag. Die nuwe Outback is die volgende stap in die evolusie van die SNV-wa wat vir Subaru 27 jaar gelede n baanbreker was. Volgens die handelsmerk is hierdie nuwe Outback die mees gevorderde, bekwame en veiligste voertuig in die geskiedenis van die handelsmerk. Die DriverFocus Distraction Mitigation System, wat sy debuut op die Outback sal maak, is slim nuwe tegnologie wat in die toekoms na die meeste ander voertuie in die Subaru-reeks uitgebrei sal word. Hierdie stelsel gebruik kameras en gesigsherkenning om die bestuurder te monitor vir tekens van moegheid of afleiding. Dit waarsku dan die bestuurder wanneer daar ‘n gebrek aan fokus en aandag…