Pleks van ’n heuglike troue oor twee weke, beplan die familie van Henk Franken nou ’n gedenkdiens om dié rugbyspeler se lewe te vier.
Franken (32), wat lid was van Namibië se rugbyspan wat in 2011 aan die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland deelgeneem het, sou eersdaags met Jade Smith trou.
Smith het Maandag op Franken se lyk in die stort van sy huis in Bothasig, Kaapstad, afgekom. Franken, ’n adviseur by ’n beleggingsmaatskappy, was vroeër in die gimnasium en het vermoedelik ’n hartaanval gehad.
Hulle sou op Wolseley naby sy tuisdorp, Ceres, trou.
Franken se suster, Erika Tompkins, het die afgelope week van Engeland gevlieg om haar ouers, Henri en Elmarie, by te staan.
Sy sê Smith is “gebroke en baie hart-seer. ’n Hele toekoms is nou net weg.”
Volgens Tompkins…