Een uit elke vyf gesondheidspraktisyns wat aan ’n opname van Solidariteit deelgeneem het, sê hulle is besig met ’n emigrasieproses.
Nog 42% sê hulle sal stappe doen om te emigreer wanneer die nasionale gesondheidsversekering (NGV) geimplementeer word.
Die vraelys is aan 7 443 gesondheidspraktisyns uitgestuur met ’n terugvoeringsyfer van sowat 9%.
Volgens Nicolien Welthagen, ʼn navorsingsielkundige verbonde aan die Solidariteit-Navorsingsinstituut (SNI), is die steekproef van 651 respondente uit 30 gesondheidsvelde groot genoeg om betroubare resultate te lewer.
Die meeste van die deelnemers (25,8%) is algemene praktisyns en spesialiste (19,1%).
Agt uit tien respondente was negatief of skepties oor die NGV. Dis aansienlik meer as die 71,9% wat negatief was toe dieselfde opname in 2018 gedoen is.
Welthagen sê uit die nuutste studie blyk dit dat Suid-Afrika sowat 62% van sy…