MIELIES
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,3%, of $0,88/t (R14/t), tot $316,48/t (R5 033/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 7,8%, of $22,84/t (R363,24/t) hoër. Verwagte pryse: Julie – $309,59/t (R4 924/t), Desember – $284,63/t (R4 527/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,5%, of R70/t, tot R4 500/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1,7%, of R80/t, tot R4 620/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 25%, of R900/t, duurder, terwyl geelmielies 22,9%, of R861/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R4 526/t, Desember – R4 670/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R4 655/t, Desember – R4 788/t.
KORING
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1%, of $3,90/t (R62,02/t), tot $389,39/t (R6 193/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 42,3%, of…
