PWC se jongste ekonomiese vooruitskouing vir Suid-Afrika voorspel dat wydverspreide vloedskade sal bydra tot stadiger ekonomiese groei, stygende inflasie en arbeidskoste, en hoër werkloosheidsvlakke. PwC voorsien ook dat voorraadbeperkings sal bydra tot voedselprysinflasie, wat reeds aan die styg was ná covid-19-ontwrigtings en die oorlog in Oekraïne.
“Terw yl daar in hierdie stadium sekerlik geen kommer oor nasionale voedselsekerheid is nie, sal daar waarskynlik op kort termyn ’n nadelige impak wees op die voorraad van voedselprodukte, en dus hoër pryse.”
Die verslag wys op die verwoesting van pad- en spoorinfrastruktuur, asook fabrieke en ander geboue, in ’n provinsie wat ’n belangrike gebied vir landbouproduksie is. Die Durbanhawe, ’n belangrike toegangspunt vir voedselinvoer, sukkel om ’n reuse-agterstand uit te wis. PwC verwag dat plaaslike ekonomiese groei sal afneem van 4,9% verlede jaar…