Internasionaal: Die prys van mielies het met 4,4%, oftewel $6,50/t (R77,31/t), gestyg tot $153,90/t (R1 830/t). Op ’n jaargrondslag is dit 19,6%, oftewel $37,57/t (R446,86/t), laer. Verwagte pryse is: Mei – $154,87/t (R1 842/t), Julie – $157,71/t (R1 876/t), September – $160,70/t (R1 911/t), Desember – $164,01/t (R1 951/t).
Plaaslik: Die Safex-prys van wit mielies het met 2,7%, oftewel R73/t, gedaal tot R2 627/t. Geel mielies het met 4,4%, oftewel R110/t, gedaal tot R2 400/t. Op ’n jaargrondslag is dit 18%, oftewel R578/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 12,4%, oftewel R340/t, laer is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Verwagte pryse is: Mei – R2 630/t, Julie – R2 651/t, September – R2 692/t, Desember – R2 739/t.
Internasionaal: Die prys van koring het met 2,2%, oftewel…
