72 TON
Klein Karoo Internasionaal het die afgelope 6 maande 72 ton volstruisvleis na Rusland uitgevoer. Dit volg op mnr. Ries Dempsey, uitvoerbestuurder, se deelname aan ’n voedselskou in Moskou verlede jaar. Dempsey was pas weer deel van ’n Suid-Afrikaanse beleggings-enhandelsending onder leiding van die Departement van Handel en Nywerheid, en sê hy verwag nou nóg meer bestellings. – DTI
1,3 MIL
Sowat 22,2 miljoen mense in Suid-Afrika het van 1996 tot 2013 toegang tot kraanwater gekry. Dit is gemiddeld 1,3 miljoen per jaar of 109 000 mense per maand, aldus die SA Instituut vir Rasseverhoudings se jongste SA Survey. Toegang tot kraanwater sluit krane in ’n huis, ’n erf of gedeelde kraanwater in ’n gemeenskap in. – SA Survey
400 MJD
Navorsers by die Universiteit van East Anglia in…