pick n Pay, naasgrootste supermarkketting-winkel in Suid-Afrika, funksioneer in verskillende formate onder die Pick n Pay-en Boxerhandelsmerk en fokus op kos, nie-eetbare kruideniersware, klere, farmaseutiese produkte, drank en tabak, gesondheid-en skoonheidsprodukte, bou-en hardeware en algemene goedere. Die huidige markkapitalisasie is R32 miljard, met ’n dividendopbrengs van 3%.
Vooruitsig: Richard Brasher, uitvoerende hoof, het twee fases van sy omkeerstrategie ingestel. Eerstens het sy vrywilligeskeidingsprogram die personeel met 3 500 verminder. Die tweede fase (verandering van sy prestasie en herstel van volhoubare winsmarges) vorder goed. Die tussentydse resultate in Oktober verlede jaar het die sterkste handelsvertoning oor ses maande in vyf jaar gelewer.
Op die kaarte: Pick n Pay het in Augustus 2016 ’n algehele hoogtepunt van 8 425 sent per aandeel getoets, teenoor ’n laagtepunt van 890 sent per aandeel in…
