Hillerstorp is ’n dorpie in die woude in die suide van Swede, ongeveer 250 km noord van Malmö (die stad waar die Thule-groep deesdae sy wêreldwye hoofkantoor het). Maar Hillerstorp, waar die maatskappy in 1942 gestig is, is meer as net sy geboortedorp. Dis hier waar jy sy hartklop kan hoor: ’n Ritmiese “doef, doef, doef” wat elke sekonde deur die gebou vibreer.
Dis die geluid van ’n enorme 400 t-stempelpers wat plaatmetaal in verskillende vorms pers vir die dakrakke wat hier vervaardig word – 3 000 dele per uur, 55 miljoen dele per jaar. “Dit klink regtig soos ’n hartklop, nè?” sê Daniel Larson, Thule se senior kommersiële visepresident. Dan lag hy. “Soos ons hier sê, is dit ook die geluid van geld wat gemaak word!”
Vir ’n toerusting-nerd…