1 Soek diere in Etosha
Bespreek ten minste vyf aande in dié gewilde nasionale park: Twee in Okaukuejo vir tyd by die Ombika-, Olifantsbad en Nebrownii-watergat; twee in Halali vir tot teenaan die pan ry en by die Sueda-watergat vir roofvoëls wag, en ’n laaste aand by die stiller Namutoni. As jy baie verlof het, mik na die Olifantsrusruskamp met net 10 staanplekke. Dagtarief: R100 p.p.; R50 per voertuig.
2 Gaan op ’n sonsondergangrit in die Caprivi
Bederf jouself en bespreek ’n sonsondergangvaart op die Kavango-, Kwando-én Zambesirivier. Jy sien watervoëls by dosyne, en dalk selfs krokodille, seekoeie en olifante. Dit kos tussen R350p.p. en R700p.p.
3 Bekyk Twyfelfontein se rotsgravures
Twyfelfontein is ’n wêrelderfenisgebied met hope gravures (leeus, kameelperde, selfs ’n pikkewyn!) wat in rotse uitgekerf is. Dis R80 p.p. en…