JOHANNESBURG-DIERETUIN, 115 JAAR LATER
Die Johannesburg-dieretuin is vandag die tuiste van sowat 2 000 diere (van meer as 300 spesies), maar in 1904 het die versameling so gelyk: ’n leeu, ’n bobbejaan, ’n luiperd, twee Rhesus-ape, twee swartwitpense, ’n kameelperd, ’n steenarend, twee ystervarke en ’n muskeljaatkat.
Baie van dié diere is deur sir Percy Fitzpatrick van Jock of the Bushveld-faam versamel. Die grond waarop die dieretuin vandag staan, is deur die regsfirma van wyle Hermann Eckstein aan die Johannesburgstadsraad geskenk om as ’n openbare park te gebruik.
Eckstein het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die stad en het onder meer bome laat plant in dié gebied, wat hy Sachsenwald gedoop het. Vandag is dit die buurt Saxonwold.
Van die 81 ha wat…