Gobabis – waar die olifante drink
Deur Ilse Mouton, self uitgegee
In 1983, nadat hulle ses jaar getroud was, kom woon die skrywer en haar man, André, op Gobabis in die ooste van Namibië. Sy is swanger met haar eerste kind en André begin ’n dokterspraktyk op die dorp – en in die proses bedien hy ’n gebied so groot soos die Vrystaat.
“Gobábis? Wat gaan maak julle daar? Dis so droog, vaal en plat,”wou die doemprofete weet. Maar ’n paar kultuurskokke ten spyt word Ilse vinnig betower deur die omgewing se lae heuwels, kameeldoringbome en uitgestrekte grasvlaktes.
In hierdie openhartige boek deel Ilse haar herinneringe van Gobabis – die tipiese plattelandse dorpie wat ook as Cattle Country bekend staan, en ’n plek met menigte kerktorings.
Sy skryf oor die…
