‘Asante sana, Kenia’ (baie dankie!)
Ná 53 jaar in Suid-Afrika besluit ons om in Kenia vakansie te hou. Ons moes dit lankal gedoen het! Ons hou nie van pakkettoere, toerbusse en skedules nie; dus kry ons ’n ou Pajero as ’n huurkar. As jy Gauteng se taxi’s kan trotseer, gaan Kenia se verkeer geen probleem wees nie. Met die verhuringsagent, Michael, se laaste woorde in my kop – “don’t worry about the dents and scratches, it will come back with more, karibo (welkom in Swahili)” – pak ons die 2 500 km deur Kenia.
Ons het van die hoofstad, Nairobi, af ’n sirkelroete gery en onder meer die Maasai Mara- nasionale park, Groot-Skeurvallei, Mombasa, Dianistrand, Wasini-eiland en Tsavo- nasionale park aangedoen.
In twee weke het ons vriende gemaak met die…