Wine, Women & Good Hope
deur June McKinnon, Zebra Press
Die boek se subtitel is “A History of Scandalous Behaviour in the Cape”. Gedink die geskiedenis is ’n droë affêre met ’n klomp vroom karakters? Dink weer... June McKinnon, ’n amateur-genealoog, deel stories uit die begindae van die Kaap wat nooit ons skoolhandboeke gehaal het nie.
Jan van Riebeeck het van meet af aan self probeer wyn maak en bier brou, en nou ja, waar Bacchus seëvier, staan die ander sondes tou... McKinnon het deur stapels boeke, manuskripte en argiefdokumente gewerk om verskeie sappige stories van drankverslawing, affairs en ander geraamtes uit die Kaapkolonie se kas op te dis: Van Krotoa, die bekende Khoi-vrou wat verskeie minnaars onder die Hollanders gehad het, en sendelinge wat hulleself goor gedra het tot…
