Ek en my vrou, Amanda, is by die Manapoele in Zimbabwe. Dié is bekend as een van die wildste plekke in Afrika waar jy kan tent opslaan – daar is mos nie heinings om die kampterrein nie. Met die tentpenne in die grond gaan gesels ons met ons kampbure oor watter paadjies rybaar is en of daar gevaarlike diere in die omgewing gesien is.
Buurman een, Jasper, waarsku ons teen die inwonende seekoei. “Dié ou kan grumpy raak,” vertel hy.
Buurman twee, Sarel, sê ons moet pasop vir die olifantkoei met twee kleintjies in die omgewing. “Die koei skuur teen die tente en het al ’n paar gebreek,” sê hy.
Buurman drie, Charles, maan weer teen die buffels. “Hulle kom wei tussen jou en die ablusiegeriewe!”
Buurman vier is ’n…