LESERSTORIE Hierdie emmerskop-vakansiereis is presies wat ses gesinne van Bellville in die Junieskoolvakansie gedoen het – ná byna twee jaar se beplanning en besprekings en roetes uitwerk.
Die Borchardts – De Jongh, Zelda, Tiaan (14) en Mia (12) – en Lombards – Gerhard, Delene, Luamé (16) en Nicolaas (13) – het hulle Rangers volgelaai en moes ’n paar grappe van die res van die groep verduur voor hulle die bakkies in “D” kon druk. Die Bruwers – Etienne, Annemarie, Ben (13) en Dawid (10) – se Land Cruiser 79-dubbelkajuit spog met alles wat oopen toemaak, terwyl die Claassens – Deon, Marla, Nicolaas (13) en Madi (11) – se Land Cruiser 100 met sy ekstra brandstoftenk vir ’n totaal van 210 ℓ slaggereed was vir die langste afstande deur die ongerepte…
