IETS ANDERS... Toyota het sy IMV 0-konsepvoertuig in Desember 2022 bekend gestel, en op daardie geleentheid het Akio Toyoda, Toyota se huidige voorsitter en kleinkind van Toyota-motors se stigter, Kiichiro Toyoda, gesê hierdie bakkie is die vergestalting van Toyota se oorspronklike beweegrede om bekostigbare en betroubare voertuie te bou.
Die Toyota Hilux Champ, soos die IMV 0 herdoop is, is gegrond op die Hilux wat ons reeds ken, maar die bakwerk is vereenvoudig en die voertuig van alle onnodige elektroniese katoeters gestroop – al wat behoue bly is lugsakke, sluitweerremme en remkragverdeling. En die voorruit is plat... Die stuurtandstang is ook verander om die Champ se draairadius te verklein tot 4,9 m, dieselde as ’n Suzuki Jimny.
Let wel dat die Suid-Afrikaanse model dalk gaan verskil – Toyota Suid-Afrika het…
