Die storie van die Rally for Rangersprojek het ’n dekade gelede in Mongolië begin, naby die Russiese grens, toe die Amerikaner Robert “Mac” McIntosh, ’n voormalige nasionaleparknatuurbewaarder, as vrywilliger saam met die Mongoolse Ekosentrum gewerk het.
Die sentrum was besig met ’n werksessie in die Hovsgolmeer- nasionale park en Mac was daar om met die beplanning te help. Terwyl die sessie aan die gang was, het die park se hoofbewaarder, Enkhtaivan (probeer om daai naam ná ’n paar biere uit te spreek!), ’n oproep ontvang. ’n Onwettige kamp is in die park ontdek, en hy moes inderhaas gaan ondersoek instel.
Hulle het vermoed dit is ’n wildstroperkamp.
"Die eerste stap is om wildbewaarders te vind aan wie die motorfietse oorhandig kan word." Enkhtaivan het op sy motorfiets gespring, maar net…