Buiten spaargloeilampies, “split pins”, wiellaers en smeltdrade is dit beslis ook wys om ’n ekstra elektriese koppelstuk in jou gereedskapstas saam te ry.
SÓ VERVANG JY HOM
As jy gelukkig is, is dit meestal net die prop se omhulsel wat breek, maar soms moet jy die hele lot vervang.
Die prop se gleuf is by (4), terwyl (1) altyd aan die bokant is. Aan die agterkant van die prop is die kontakpunte ook só genommer. Ongelukkig is dit so dat ’n mens verskillende 7-draadkabels kry, en nie almal het dieselfde kleure nie.
Hier is ’n algemene riglyn: 1 (linkerflikkerlig) is gewoonlik ’n geel draad, 3 (aard) wit of pienk, 4 (regteflikkerlig) groen of pers, 5 (regteragterlig) bruin, 6 (remligte) rooi of oranje en 7 swart (dié word met 5 gebrug…
