ROETES WAT ROEP 2023 Daar is ’n gesegde wat lui die Weskus is die beskus. Die mense wat dié gesegde gebruik, is klaarblyklik nie lief vir tropiese strande vol blink lywe, sonsambrele en roomysverkopers nie. Hulle is ook nie gaande oor strandoorde, promenades of selfs warm seewater nie, want dié dinge is skaars in die Weskus.
Nee, jy raak verlief op die Weskus juis omdat dit ’n kuslyn is met ’n unieke – en soms rowwe! – karakter. Jy kan immers nie die Weskus beskryf sonder woorde soos snoek, kreef, bokkom en swartmossel nie. Jy sal ook moet vertel van die suidooster, bamboes en soutslaai. Én jy moet die verskil kan verduidelik tussen ’n visskuit en ’n viskuit.
Hierdie dinge is volop op plekke soos Tietiesbaai, Dwarskersbos, Papendorp en Hondeklipbaai.…