KRY DIE PRODUKTE HIER
Outdoor Warehouse, Camp & Climb, Tentco, Falkson, Seagull Industries, Adendorf, CJ Aircons, MacLaren Air
LK’S-VONKELWYNGLASE
Op ’n heerlike vakansie!
Staal is ’n goeie geleier van hitte, en die tweede wet van termodinamika lui dat hitte spontaan vanuit ’n warm medium (jou hand) na ’n koue een (jou drankie) vloei. Dié glas, wat van vlekvrye staal gemaak word, moes dus volgens die wetenskap ’n swak idee gewees het, maar LK’s was slim en het die glas ’n dubbele wand gegee. Tussen die buitenste en binneste wand is daar net lug – ’n swak geleier van hitte – sodat jou vonkelwyn langer yskoud bly, veral as jy boonop ’n ysbol ingooi (sien onder). (Cyril, jy moet ophou om ys in jou bubbles te gooi. – Red.) Die glas…