Die Meerendal-familielandgoed het hom die afgelope dekade of wat gevestig as een van die mees gesogte sportbestemmings in die provinsie. Ernstige fietsryers het al hier hul staal gewys in die moordende “prologue” van die Cape Epic-fietsren, maar oor naweke wemel dit van families wat die buitelug kom geniet. Dis dalk die wen-resep . . . die plaas bied stap-, draf- en fietsryroetes in ’n verskeidenheid van moeilikheidsgrade, en agterna kan vriende en familie gesellig by Bossa, La Romantica, die COCOAFAIR-deli-en-chocolatier of die patio van die proelokaal kuier.
Fietsroetes
Die landgoed is een van die bekendste en gewildste bergfietsterreine in die provinsie. Seksies soos die Sauser Sprint, die Burry Stander, die Dorstbergsirkelroete, die Barti Büchler-draaie, die Esther Süss Berms en die Mynskag vorm saam drie roetes van 5 km (geel), 12…