MY PLEKKIE Ons gesin van vyf het seker ’n goeie tien jaar gelede vir die eerste keer ons Jurgens Penta met ons Toyota Hilux Klein-Kariba toe gesleep, en sedertdien was ek, my vrou, Sharon, en ons drie seuns, Roelf (16), William (14) en Gerhard (11), nog elke jaar terug. Dis ’n bietjie meer as twee uur se ry vir ons – omdat dit so lekker naby is, het ons min oortuiging nodig om vir ’n naweek hier te kom uitspan. En dan, elke keer nadat ons vir die naweek hier gekamp het, besef ons opnuut hoe lekker dit is, en dan kom ons sommer die skoolvakansie weer. Ons spot al as ons hoor hoe mense van hulle vakansiehuis op Stilbaai en sulke plekke praat. Dan sê ons ons het ook…