RY-INDRUK Hoewel dit ’n betreklik onbekende naam in Suid-Afrika is, is BAIC op vyf na China se grootste voertuigvervaardiger. Die handelsmerk het in 2016 op eie bodem aangeland en in 2018 ’n aanleg in Gqeberha opgerig. BAIC Suid-Afrika bied tans net twee modelle te koop aan: die Beijing X55 en die BJ40 Plus wat ons hier bespreek. ’n Derde ryding, die B80, is op pad – dié lyk baie soos ’n Mercedes-Benz G-klas, terwyl die B40 Plus wat jy hier sien, jou dalk aan ’n ander soort voertuig herinner...
Wat het ons hier?
Die B40 is beslis geïnspireer deur Jeep se Wrangler, en nie op ’n bedrieglike manier nie – BAIC het die Wrangler-konsep in die vorige dekade wettig bekom by General Motors, vóór die Jeep-handelsmerk deur Stellantis oorgeneem is.…
