Vanwyksvlei in die Noord-Kaap is nie een van daardie plekke waar jy toevallig beland nie. Dié besonderse dorpie is nie op ’n hoofroete êrens heen nie en jy ry nie regtig daardeur op pad na elders nie. Nee, as jy op Vanwyksvlei is, is dit jou bedoeling om daar te wees.
Elke jaar in Oktober, in die laaste naweek van die kort skoolvakansie, word Vanwyksvlei ingetik op honderde GPS’e van petrolkoppe reg oor die land. Want dan is dit tyd vir die jaarlikse Ry & Sleep Bull Run, ’n eiesoortige motorfees, wat in 2022 die meeste deelnemers nóg gelok het.
’n Allemintige 160 spanne het ingeskryf om vanjaar te kom deelneem, en uiteindelik het 145 van hulle dit tot hier gemaak vir ’n naweek van brullende enjins, ordentlike kuier saam…
