KAMP & KATROL ZELPY
KIES EN KEUR
Die naam Zelpy-hengel-en-wildoord klink dalk effens onbekend, maar kampeerders sal die ou naam, Eastco Magalies, herken. Hengelaars kan steeds lyn natmaak in die drie damme digby die staanplekke, maar in die wildkamp ’n entjie verderaan met die grondpad is nou nog twee damme tot hulle beskikking.
Buiten die staanplekke – met plaveisel en skadunet – is daar nou in die oopte agter die warmwaterswembad nog agt staanplekke waar jy op gras kamp. Hierdie nuwe staanplekke het elk ’n kragpunt, water en braaiplek.
Nes die oorspronklike drie damme het een van die twee nuwes ook swartbaars, karp, baber en kurper. Jy betaal nie ekstra om te hengel nie, maar alles wat jy uittrek, moet terug water toe.
Die tweede dam is bedoel vir spesiehengelaars,…