Al hoe meer nuwe kampplekke maak in en rondom Dinokeng oop, met die Stiltewildplaas-en-boskamp die nuutste toevoeging. Stilte is net anderkant Dinokeng, op die Rust de Winter-pad.
Die eienaars, Pieter en Gerida Booyens, het 16 jaar se ervaring in boskampe reg oor Afrika as inspirasie gebruik – en daarom word by Stilte se boskamp geen voorsiening gemaak vir krag of water op jou staanplek nie. Die plaas is 70 ha groot en hier is verskeie wildsoorte, waaronder vlakvarke, rooijakkalse, steenbokke, duikers, rooibokke, blesbokke en sebras.
Die kampplek self is nie omhein nie en hier is geen roofdiere waarvoor jy versigtig hoef te wees nie. Moet wel nie verbaas wees as Fiona of Surprise (’n donkie en haar dogter) of Bella en Bessie, twee mak volstruise, kom inloer nie.
Die agt…