“Ons uitgebreide familie kamp al vir ’n geruime tyd saam. Met ’n onlangse naweekwegbreek het ons besluit om naby aan die huis te gaan uitspan. Miller’s Point net buite Simonstad was ’n aangename verrassing. Ek, my lewensmaat, Stacey, en ons seuns, Kade en Kian, het in ons Mitsubishi L300-ryhuis gekamp en my ouers, Mark en Bonita, het in hulle Hyundai H100-ryhuis by ons aangesluit. My pa se broers het ook vir die naweek saamgekom. Oom Vincent en tannie Tessa kamp in ’n Volkswagen Mikrobus-kampbussie, terwyl oom Hylton, sy vrou, Gail, en hulle dogter, Maxine, hulle Gypsey Caravette 4 met hulle Mitsubishi Outlander gesleep het.
HOE LYK DIE KAMPTERREIN?
Die pad deur Miller’s Point loop amper soos ’n perdeskoen deur die woonwapark, met staanplekke aan weerskante, almal met gras. Die kampterrein…