Hennie en Emmerentia, wat hulle aftreereis ’n jaar moes uitstel weens die Covid-19-pandemie, het uiteindelik verlede jaar heerlik deur die Krugerwildtuin getoer – plek-plek saam met vriende en ou kennisse. Ons het hulle laasmaand gelos by Marakele waar hulle slaggereed was om Botswana binne te gaan. Hennie vertel verder…
“Dis nog pikdonker, maar ons is reg om in die pad te val. Vandag, Donderdag, 3 Junie 2021, gaan ons splinternuwe paspoorte, wat nou al ’n jaar in die kluis lê en wag, nuwe stempels kry. Ons moet die grens by Groblersbrug oorsteek en dan Botswana deur die Martin’s Drift-grenspos binnegaan.
Ons kry koers Lephalale toe en draai daar in die rigting van die grens. Ons is vroeër daar as wat ons verwag het, en sien hoe die vragmotors reeds toustaan.…