DÍS WAT EK DINK
In die jongste uitgawe van Ry & Sleep vra Schalk dat ons hom moet laat weet wat ons van Weg Ysterperd dink. Hier is dit dus...
Ek dink dit is ’n fantastiese tydskrif en hoop hy sal gereeld verskyn. Sommige artikels, soos die roetes, sal met die hoofboek oorvleuel aangesien die roetes gewoonlik vir twee én vier wiele bedoel is. Daar is egter heelwat motorfiets-spesifieke artikels wat ’n eie tydskrif regverdig, soos die toerusting, klere, toetsritte met nuwe fietse, hoe om jou fiets te diens en herstel, ensovoorts.
Ek dink Schalk moet ’n fiets leen, en ’n naweek-trippie saam met Cyril doen om self te voel hoe lekker dit is. Kies ’n maklike teerpadroete om mee te begin, iets soos die R62 tot by De Rust…