Die 2021-model Nissan Navara se tegnologie, veiligheid én werkverrigting is vernuwe, en volgens Nissan Suid-Afrika is die resultaat beter rygenot, groter gerief en swaarder vragvermoë, wat die Navara die voorste bakkie in sy kategorie maak.
“Ons deurlopende verbeteringsproses het daartoe gelei dat ons die hele reeks modelle herontwerp het om ’n Navara te vervaardig wat veral geskik is vir Suid-Afrikaanse en uiteindelik Afrika-toestande, ”sê Stefan Haasbroek, bemarkingshoof by Nissan Suid-Afrika.
Wat het ons hier?
Die jongste Nissan Navara word aangedryf deur die bekende 2,5 ℓ-turbodieselenjin wat al geruime tyd diens doen. Die grootste voordeel om met die getroue ou enjin aan te hou ploeg is dat klante, veral besighede, vooruit kan begroot vir bedryfskoste, insluitende brandstofverbruik, onderhoud en dienste.
Die 2.5-diesel is wel nou in twee kragleweringsvlakke beskikbaar: ’n 140…