Die oliemagnaat John Paul Getty het destyds gesê: “As die waarde van iets vermeerder, koop dit. As dit verminder, huur dit.” Volgens Getty se logika moet niemand ’n motor besit nie, tensy dit eksotiese rygoed is waarvan die waarde toeneem. ’n LaFerrari, byvoorbeeld, het in 2013 nuut $1,4 miljoen gekos, maar deesdae haal hulle op veilings in Amerika tot $3,5 miljoen.
Gaan jy dieselfde oorvloedige oes hê wanneer jy jou ekspedisiebakkie oor ’n paar jaar verkoop, of is Getty so reg in die kol?
GEVALLESTUDIE Britz Orion
Die verhuringmaatskappy THR SA – dit staan vir Tourism Holdings Rental South Africa, die moedermaatskappy van Britz en Maui – gebruik ’n Toyota Land Cruiser 79 4.2-diesel-enkelkajuitbakkie ter waarde van R670 200 en stuur dit dan na Travelstar, ’n spesialisvoertuigombouer op Knysna, wat…