VISVANGOORD
UDOLPHO-RIVIERPLAAS KOM VANG ’N GELE
As jy van Sasolburg se kant af Parys toe ry, is daar net voor Parys ’n hele paar kampplekke teen die Vaalrivier ingeryg, met die nuutste toevoeging die Udolpho-rivierplaas se woonwapark.
Nadat jy van die teerpad afgedraai het, is dit 2,9 km grondpad tot by die plaashek, en dan nog ongeveer 650 m tot by die kantoor. Die rivier is nog 500 m verder, en dis hier waar die staanplekke langs die rivier uitgelê is.
Die swembad is ook digby die kantoor, asook die minigholfbaan – laasgenoemde kos R10 per spel en jy betaal ’n R20-deposito vir die stokke. Die kettiebaan is ook hier en dit kos ook R10 om ’n kettie te huur. Hiervoor is geen deposito nodig nie, en jy kry 10…