Die Kaapse boswoonwavervaardiger, Infanta 4x4, se winkel én die onderdak-produksielyn op Buffeljagsrivier is nou 100% op die been nadat die plaaslike owerheid die groen lig gegee het.
Jurie Swart, eienaar van Infanta, sê die 8 ha grond waar die gebou van 3000 m² staan, is aanvanklik as landbougrond geoormerk. Die vervaardiger moes dus aansoek doen om hersonering vir die woonwa-aanleg en die vertoonlokaal om die onderneming volwaardig te bedryf.
Infanta is sowat 20 jaar gelede deur Jurie se pa, JW, begin. Jurie het sy landboukontrakteursonderneming vyf jaar gelede verkoop, sy pa se onderneming oorgeneem en dadelik aan die werk gespring met Infanta se eerste boswoonwa, die Enkulu. Vandag kan jy tussen twee modelle, die Enkulu 1 en Enkulu 2, kies, en Jurie het pas ook sy heel nuutste produk, die…
