Sherpa Leisure se nuutste model, die Wanderer, het nóg ’n model bygekry: die Wanderer C.
Tot nou toe kon klante kies tussen twee modelle: die Wanderer A of B. Die A-model is die standaardweergawe en sluit in ’n 220 V-staanyskas, matras, 45Ah-battery met ’n laaier, drie vensters en ’n remstelsel. Die B-model word verder met ’n badkamer toegerus en het ook ’n ekstra venster, ’n 90l-watertenk met ’n pomp, en ’n 220 V-geiser met die nodige loodgieterswerk.
Albei hierdie waens van Sherpa het ’n opwipdak.
Hier kom die verskil in: Die nuwe C-model het ’n vaste dak. En, sê die eienaar, Neville de Meillon, die C staan vir “conventional”. Dié model is dus Sherpa se antwoord op ’n padwa, hoewel Wanderer se modelle ook met die oog op grondpadsleep gebou…