Ná 38 jaar in die staatsdiens tree ek uiteindelik einde Januarie vanjaar af. Nou is ek en my vrou, Engela, saam pensioentrekkers.
Teen Maart besluit ek om een van my emmerskoplys-items af te tik en ’n veldryvoertuig te koop. Ek besluit teen ’n nuwe een, want ’n mens wil nou nie met ’n halfmiljoenrandse bakkie die bosse invaar nie. Ek koop ’n 2009 Mazda BT-50 wat nog goed opgepas is, en ek is sommer trots op myself. My “trokkie” (soos ek hom noem) het ’n paar krappies, en aangesien my dogter, Angelique, se vriend, Marcel Da Costa, ’n paneelklopperonderneming besit, sal hy vir my die bakkie regsien. Maar die geluk is nie aan my kant nie, want soos ek die bakkie by die paneelklopper in Pretoria aflaai, word die inperkingstyd…