Vars forel het ’n ongelooflike geur en smaak. Hierdie resep is spesiaal vir diegene wat bevoorreg genoeg is om self ’n forel uit die water te trek. Die vis kan daar en dan op ’n kampvuurtjie gaargemaak word.
Jy benodig
(genoeg vir 4)
1 heel reënboogforel van 1,2-1,5 kg olyfolie
1 koppie vars gemengde kruie, gekap (ons het vinkel, pietersielie, grasuie en basilie gebruik)
2 suurlemoene, in dun skyfies gesny
1 bossie sprietuie, gesnipper
2 eetlepels vinkelsaad, gekneus
¼ koppie (60 g) botter, in blokkies gesny
Só maak jy
1 Vlek die vis, maar moenie die kop, stert of vel verwyder nie. Skraap die binnegoed uit, spoel die vis goed af en druk dit met kombuispapier droog.
2 Sit die forel op ’n vel bakpapier. Vryf die vis binne en…
