Daar blyk onsekerheid te wees oor die toekoms van Jurgens-handelaars. Dit volg nadat twee van dié handelaars, Comet-woonwaens en Sunseeker-woonwaens, in Oktober vanjaar hulle deure gesluit het.
Sedert 1 Maart vanjaar, toe ’n nuwe aandeelhouer ’n belang van 50% in Jurgens Ci verkry en die nuwe maatskappy Jurgens Campworld gestig het, is daar vrae oor handelaars wat aan dié vervaardiger behoort.
Volgens die nuwe aandeelhouer, wat verkies om nie geïdentifiseer te word nie – besit Jurgens Campworld sedert 1 Maart nie meer enige handelaars nie, en spits die maatskappy hom nou nét toe op die bou en verkoop van woonwaens.
“Omdat ons nou net waens vervaardig en verkoop, beteken dit geen woonwahandelaar kry voorkeurbehandeling nie.”
Die fabriek is ook sedert Maart deel van Jurgens Campworld, wat as Jurgens Manufacturing handel…
