Die Mobi Lodge-broers, Leon en Marius Ras, en ’n klompie van hul vriende het onlangs vir twee weke deur Botswana getoer. Dit was ’n tyd vir kuier, mooi foto’s en avontuur.
Marius, Leon en hul vroue, Lorinda en Anchell, het saam met vriende Monique en Marnus, At en Riana, Christo en Nandi, Pieter en Christa, en Leon se skoonseun, Christo, en sy vrou, Rochelle, dié opwindende reis aangedurf.
En tussendeur het hulle sommer ook bosberaad gehou en groot planne vir die toekoms gemaak.
Leon vertel…
“Ons groep kamp die eerste aand in die pragtige tuine by Big Fig Inn naby die grens en daarna is die ses Mobi Lodge-waens deur die Martin’s Drift-grenspos, deur Palapye en Serowe, op pad na die Khama-renosterreservaat.
Die aand is dit tyd vir ons eerste…
