Ons is lid van die Wes-Kaapse Veldrykampeerklub, oftewel die Western Cape Off-road Camping Club, en kamp gereeld saam in ’n groep. Ek en my vrou, La Tanya, het onlangs ons Conqueror Companion aan ons Toyota Prado gehaak en by die Marcuskraal-4x4-kampterrein gaan uitspan.
Ons seuns, Jason en Kyle, dogter, Stephanie, en haar kêrel, Jonty, het later by ons aangesluit. Ons vriende Roland en Marlow Straub en hulle drie seuns, Jared, Jordy en Joshy, asook Chris en Claudia Sobolewski en hulle dogter, Mila, het ook saam kom kamp.
Marcuskraal is sowat 20 km anderkant die Citrusdal-afdraai op die N7, skaars twee uur se ry uit die Kaap.
VERTEL ONS MEER OOR DIE KAMPTERREIN
Dit lyk soos ’n oase met ’n skoon en sprankelende swembad en pragtige groen grasperke en palmbome –…