Hoefer het vroeg vanjaar opslae gemaak met sy Azzero, ’n wa van 7,5 m met ’n tarragewig van onder 1 300 kg, wat hom die ligste wa van sy soort maak. Nou het die maatskappy ’n tweede model bekend gestel.
Teen 5,7 m is die Nevada ’n goeie 1,8 m korter as die Azzero, en hy kos ook amper die helfte minder. Dieselfde boumateriale word gebruik, insluitend ’n onderstel van aluminium.
Die Nevada, wat ook relatief lig is vir sy grootte, sal in twee variante beskikbaar wees: een met ’n badkamer en een daarsonder.
Die tarragewig is onderskeidelik 775 kg en 850 kg – as ’n mens dit vergelyk met byvoorbeeld Jurgens se Expo (wat 17,5 cm korter is as die Nevada en ’n tarragewig van 1 050 kg het)…