Kampplek 14 woonwastaanplekke waarvan 4 luuks is, 7 staanplekke vir ryhuise, en 5 tentstaanplekke, almal op gras met krag, ’n vullisdrom en kraan.
Ablusiegeriewe Nuut, skoon, netjies en modern.
Prys Afhangend van die seisoen R500 of R1 000 per staanplek vir die luukse woonwastaanplekke, R450 of R900 vir die gewone woonwastaanplekke, R400 of R800 vir die ryhuisstaanplekke, en R300 of R600 vir tentstaanplekke. Pryse geld vir die eerste 2 mense; daarna is dit R200 p.p.p.n. ekstra (R100 vir kinders). Hoogstens 4 mense per staanplek.
Aankoms- en vertrektyd 2 nm. en 10 vm.
Kontak 082 785 6513 office@waterberrypark.co.za waterberrypark.co.za
Naaste dorp Op St. Francisbaai.
Hoe lyk die pad? Heelpad teerpad.
GPS S34.145298 E24.812355
Weg Ry & Sleep sê Dis veilig, die kampterrein is omhein en die hek word gesluit. Terloops, jy…
