O or die jare het ons baie soorte kappies gesien wat van allerhande soorte materiale gemaak word. Jy kry kappies van seil, plastiek, glasvesel, akrielglas, plaatstaal, vlekvrye staal, aluminium, koolstofvesel, en, ja, selfs houtplanke. Hier in Suid-Afrika maak ons meestal staat op glasvesel, metaal en seil om kappies te maak. Watter een is die beste vir jóú bosbakkie?
Watter een is dus die beste?
As jy bloot jou kampgoed droog en veilig wil hou, is ’n glasveselkappie ’n uitstekende keuse. Die betreklik lae gewig en vaartbelynde profiel gaan jou laat glimlag by die vulstasie. Ons stel nie een voor vir ’n ekspedisie deur Afrika nie, maar vir langnaweke by ’n ATKV-oord is hy 100%.
As jy ’n kappie soek wat feitlik ondeurdringbaar is teen boewe en saam met jou bakkie…