Wie skrik vir ’n pap band?
Hier in die Kalahari moet ’n meisie haar staan ken, of jy nou mooi gerok is of nie.
Ons boer sowat 80 km duskant Askham, en mense wat dié deel van die wêreld ken, sal weet hier is niks sommer net om die draai nie. Ek en my driejarige dogter, Elmé, het onlangs by my vriendin Petra Knoetze gaan tee drink. Petra-hulle bly 70 km ánderkant Askham, wat beteken van ons af is dit 150 km tot by hulle.
Ons is gewoond aan dié soort afstande, maar op pad terug, by die Grootaarpan, voel ek die bakkie swik in ’n draai en ek hou stil. Die regteragterband is pap, maar in ons geweste is dit nie ’n ongewone gesig nie. Daar staan ek en…
