Spieëltjie, blindekol, flikker. Spieëltjies, rem, hande bly op die stuurwiel, stop. Handrem, clutch , tweede rat, balanseer die clutch , observeer reg rondom, handrem sak, ry. Blindekol, draai – push en pull ! Jou hande mag nie kruis nie, hou die wa in die spieël dop terwyl jy draai, derde rat. En daar gaan jy…
Hierdie innerlike monoloog speel die laaste klompie weke telkens in my kop af wanneer ek ’n vierrigtingstopteken nader. Ek jok; dis minder van ’n monoloog en meer asof ek ’n ingeboude opname in my oor het van Retha, die bestuurskoolinstrukteur, wat bevele voordra.
Ek is al anderkant 40 en het meer as 20 jaar terug my rybewys gekry nadat ek vir my…
