Die Yslandse ryhuisverhuurder Happy Campers, wat fokus op kleiner ryhuise wat ook meer geskik is vir jonger toeriste, het ’n tak in Somerset-Wes oopgemaak.
Tans kan ’n mens ’n Nissan NV200 by hulle huur vir R850-R1 150 p.d. (afhangend van die seisoen). Die NV200 is ingerig vir twee mense en sluit in ’n gasstoof, 4 gassilinders, ’n ys-vrieskas, ’n wasbak met lopende water, eetgerei en breekware, en beddegoed.
Die Fiat Ducato is ’n opsie vir tot vyf mense en kos R1 550-R1 850 p.d. Die Ducato se geriewe is soortgelyk aan dié van die NV200.
Die kampstoele (R50), slaapsak (R250), kamptafel (R100) en ekstra gassilinders (R40) moet ’n mens afsonderlik byhuur teen ’n eenmalige tarief. Die kinderkarstoeltjie (R100) en Garmin-GPS (R100) se tariewe word per dag bereken.
Kontak 021 813…