Die afgelope jaar of wat het ons ons langtermyntoetsmotor, ’n splinternuwe Mazda BT-50 3.2 4x4 SLE-bakkie (dubbelkajuit, outomaties), elke maand met iets anders toegerus om hom uiteindelik te omskep in ’n hardebaard veldryvoertuig.
Ons het begin met ’n stel BF Goodrich T/A-bande en daarna ook ’n staalagterbuffer, bosbreker, wenas, pensplaat, treeplanke, aluminiumkappie en ’n stel kolligte toegerus. Die tyd het egter aangebreek om die bakkie vir die vervaardiger terug te gee, en as ’n broodnodige swanesang skenk ons nou aandag aan die vering.
Lig hom op
Die BT-50 se oorspronklike veerstelsel, hoe goed hy ook al deur Mazda se witjasse ontwerp is, was uiteindelik te lig in die broek vir al die veldrymodifikasies wat ons gedoen het.
Dinge soos die kappie en veral die staalbuffers voor en agter het die…