Fiat se dubbelkajuitbakkie is hier, en met sy Italiaanse herkoms bevind hy hom in uitgelese geselskap – dink maar aan sportmotors soos Lamborghini, Maserati en Ferrari (Fiat is hoeka die moedermaatskappy van die laasgenoemde twee).
Wanneer ’n mens die enjinkap oopmaak, staan “FCA Italy S.p.A” bo-aan die enjinplaatjie, maar Fiat se Fullback is meer van ’n spanpoging. Dit verg nie veel verbeelding om te sien hy is so te sê ’n kloon van Mitsubishi se Triton nie, en boonop word die enjin ook deur Mitsubishi verskaf.
Vennootskappe onder motorvervaardigers is niks vreemd nie. Dink maar aan Renault en Nissan, Peugeot en Citroën, Ford en Mazda. Wat wel tel, is die sleepwiele se maniere voor die wa. Ons haak en kyk.
Sterk, maar beskeie
Ons het die topmodel van die Fullback…