Alles het begin met ’n heel onskuldige vraag: “Goed, waarheen gaan ons volgende?” Dit was ná ’n reis deur Botswana en die groepie mense het saam nabetragting gehou oor die paar dae.
“Waarheen wíl julle gaan?” wou Jacques Fouché, die organiseerder en toerleier, weet.
Johann het ’n rukkie gesit en dink en toe voorgestel hulle moet verder mik, Oos-Afrika toe. ’n Propperse emmerskoplys-avontuur: Uganda se gorillas, die Serengeti, alles.
Heelwat mense het van die voorstel gehou, en kort voor lank het die planne begin vorm aanneem. Die groep sou deur Botswana, Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda tot in Kenia reis en dan terug deur Tanzanië en die Serengeti, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe en Botswana.
Daar was nie ’n tekort aan belangstelling nie. Die Demperse sou die reis aandurf saam met Marius…